Liewe mede-gelowige

In die noordelike voorstede van Kaapstad en in die Somerset-Wes en Strand omgewing is daar lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat gereeld bymekaar kom  met die uitsluitlike doel om te bid vir die kerk en om te besin oor dit wat, veral in die jongste tyd, op kerklike front aan die gebeur is.

Soos u weet het talle lidmate die kerk verlaat. Vir baie in die kerk is daar onsekerheid en ongelukkigheid oor sommige besluite wat by kerklike vergaderings geneem is, oor botsende standpunte en uitsprake deur leiers in die kerk en oor wat in die media gelees en gehoor word.

Ons, die ondergetekendes , glo dat die Woord ons leer om duidelik en ondubbelsinnig standpunt in te neem  vir die waarheid en, in die woorde van Judas 1:3, “kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.”

Ons neem dus die vrymoedigheid om die verwoording van ons oortuigings aan u te stuur met die vertroue dat u ons versugtinge deel en saam met ons daagliks sal bid dat die Here deur sy Woord en Gees die Kerk sal verander om  meer en meer aan die beeld van Christus gelyk te word (2 Kor 3.18)

Verder sou ons graag wou weet of u gewillig is om u naam by die verklaring te voeg. Indien wel, vra ons u vriendelik om u naam en kontakbesonderhede aan ons te stuur.

Neem ook asseblief die vrymoedigheid om hierdie skrywe en die Verklaring aan enige of aan almal op u adreslys te stuur. Ons sal dit hoog op prys stel.

Vriendelike groete

In Sy diens

Kaapse Studiegroep 

Epos: [email protected]
Tel:     +27 21 851 8393
Posadres. Posbus 1879, Somerset – Wes, 7129
 

Sien ook

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *